Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 29:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het by Horeb-berg ’n verbond gemaak met die Israeliete. Maar die Here het vir Moses gesê hy moet ook in die land Moab ’n verbond maak met die Israeliete. Hier is die woorde van die verbond:

2. Moses het al die Israeliete geroep en vir hulle gesê: “Julle het alles gesien wat die Here in die land Egipte gedoen het aan die farao en sy amptenare en sy hele land.

3. Julle het gesien dat die Here die Egiptenaars baie swaar laat kry het toe Hy sy tekens en wonderwerke gedoen het.

4. Maar tot nou toe het die Here nie vir julle gehelp om alles te verstaan wat julle gesien en gehoor het nie.

5. Die Here sê: ‘Ek het julle 40 jaar lank deur die woestyn gelei. Julle klere en julle skoene het nie stukkend geword nie,

6. julle het nie brood gehad om te eet en wyn om te drink nie, want julle moes leer dat Ek julle God die Here is.’

7. Toe julle op hierdie plek kom, het Sihon, koning van Gesbon, en Og, koning van Basan, gekom en hulle het ons aangeval, maar ons het hulle oorwin.

8. Ons het hulle land gevat en ons het die grond gegee vir die Ruben-stam en die Gad-stam en die halwe Manasse-stam. Die grond het toe aan hulle behoort.

9. Julle moet doen wat hierdie verbond sê sodat dit goed kan gaan met alles wat julle doen.

10. Julle staan vandag almal voor julle God die Here. Julle hoofde, julle stamleiers, julle ander leiers en voormanne, elke man van Israel,

11. julle kinders, julle vroue, die vreemdelinge wat by julle woon, julle houtkappers en julle waterdraers is almal hier.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 29