Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 27:3-13 Bybel vir Almal (ABA)

3. Julle moet al die woorde van hierdie wet op die klippe skryf wanneer julle oor die Jordaan-rivier gegaan het om in die land in te gaan wat julle God die Here vir julle gee. Dit is ’n land waar daar baie melk en heuning is. Die Here, die God van julle voorvaders, het dit vir julle belowe.

4. Wanneer julle oor die Jordaan-rivier gegaan het, dan moet julle daardie klippe regop gaan sit op die Ebal-berg en julle moet hulle wit verf met kalk. Ek het vandag met julle oor daardie klippe gepraat.”

5. “Julle moet daar op Ebal-berg ’n altaar bou vir julle God die Here, ’n altaar van klippe, maar julle moenie die klippe stukkend kap nie.

6. Julle moet die altaar bou van heel klippe en julle moet brand-offers op die altaar offer vir julle God die Here.

7. Julle moet ook ete-offers bring en julle moet daar eet en feesvier by julle God die Here.

8. Julle moet al die woorde van hierdie wet baie duidelik op die klippe skryf.”

9. Moses en die priesters van die nageslag van Levi het vir al die Israeliete gesê: “Israeliete, julle moet stil wees en luister! Julle het vandag die volk van julle God die Here geword.

10. Daarom moet julle gehoorsaam wees aan die Here en julle moet alles doen wat Hy gesê en besluit het, alles wat ek vandag vir julle sê.”

11. Moses het daardie dag vir die volk gesê:

12. “Wanneer julle oor die Jordaan-rivier gegaan het, dan moet party stamme op die Gerisim-berg gaan staan om die volk te seën. Hierdie stamme is: Simeon, Levi, Juda, Issaskar, Josef en Benjamin.

13. En die ander stamme moet op die Ebal-berg gaan staan om mense te vervloek. Hierdie stamme is: Ruben, Gad, Aser, Sebulon, Dan en Naftali.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 27