Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 27:15-26 Bybel vir Almal (ABA)

15. ‘Ons vervloek elke persoon wat ’n beeld maak en wat dit dien waar niemand anders dit sien nie. Die Here haat dit. ’n Beeld is iets wat ’n ambagsman maak.’ En die hele volk moet dan sê: ‘Ja, dit sal so wees.’

16. “Die Leviete moet dan sê: ‘Ons vervloek elkeen wat nie sy pa en sy ma respekteer nie.’ En die hele volk moet sê: ‘Ja, dit sal so wees.’

17. “Die Leviete moet dan sê: ‘Ons vervloek elkeen wat die grense van sy buurman se grond verander om vir homself meer grond te kry.’ En die hele volk moet sê: ‘Ja, dit sal so wees!’

18. “Die Leviete moet dan sê: ‘Ons vervloek elkeen wat ’n blinde mens op ’n verkeerde pad lei.’ En die hele volk moet sê: ‘Ja, dit sal so wees!’

19. “Die Leviete moet dan sê: ‘Ons vervloek elkeen wat nie reg doen aan vreemdelinge, of aan weeskinders en weduwees nie.’ En die hele volk moet sê: ‘Ja, dit sal so wees!’

20. “Die Leviete moet dan sê: ‘Ons vervloek elkeen wat seks het met sy pa se vrou, want hy verneder sy pa.’ En die hele volk moet sê: ‘Ja, dit sal so wees!’

21. “Die Leviete moet dan sê: ‘Ons vervloek elkeen wat seks het met ’n dier.’ En die hele volk moet sê: ‘Ja, dit sal so wees!’

22. “Die Leviete moet dan sê: ‘Ons vervloek elkeen wat seks het met sy suster, met ’n dogter van sy pa of sy ma.’ En die hele volk moet sê: ‘Ja, dit sal so wees!’

23. “Die Leviete moet dan sê: ‘Ons vervloek elkeen wat seks het met sy skoonma.’ En die hele volk moet sê: ‘Ja, dit sal so wees!’

24. “Die Leviete moet dan sê: ‘Ons vervloek elkeen wat iemand anders vermoor, ook wanneer niemand dit sien nie.’ En die hele volk moet sê: ‘Ja, dit sal so wees!’

25. “Die Leviete moet dan sê: ‘Ons vervloek elkeen wat geld neem en dan onskuldige mense laat sterf.’ En die hele volk moet sê: ‘Ja, dit sal so wees!’

26. “Die Leviete moet dan sê: ‘Ons vervloek elkeen wat nie alles doen wat hierdie wet sê nie.’ En die hele volk moet sê: ‘Ja, dit sal so wees!’ ”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 27