Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 27:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Moses en die leiers het vir die volk gesê: “Julle moet alles doen wat ek vandag vir julle sê.

2. Wanneer julle oor die Jordaan-rivier gegaan het na die land wat julle God die Here vir julle gee, dan moet julle groot klippe regop laat staan en julle moet hulle wit verf met kalk.

3. Julle moet al die woorde van hierdie wet op die klippe skryf wanneer julle oor die Jordaan-rivier gegaan het om in die land in te gaan wat julle God die Here vir julle gee. Dit is ’n land waar daar baie melk en heuning is. Die Here, die God van julle voorvaders, het dit vir julle belowe.

4. Wanneer julle oor die Jordaan-rivier gegaan het, dan moet julle daardie klippe regop gaan sit op die Ebal-berg en julle moet hulle wit verf met kalk. Ek het vandag met julle oor daardie klippe gepraat.”

5. “Julle moet daar op Ebal-berg ’n altaar bou vir julle God die Here, ’n altaar van klippe, maar julle moenie die klippe stukkend kap nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 27