Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 26:6-9 Bybel vir Almal (ABA)

6. Die Egiptenaars het ons laat swaarkry en hulle het slegte dinge aan ons gedoen, hulle het ons soos slawe laat werk.

7. Ons het gebid tot die Here, die God van ons voorvaders, en ons het gevra dat Hy ons moet help. Hy het ons gebed gehoor en Hy het gesien hoe hulle ons verdruk. Hy het gesien hoe sleg dit met ons gaan en hoe swaar ons kry.

8. Die Here het ons toe uit Egipte gebring met sy groot krag. Hy het daardie mense baie bang laat word, Hy het tekens en wonderwerke gedoen,

9. en Hy het ons gebring na hierdie plek. Hy het hierdie land vir ons gegee. Dit is ’n land waar daar baie melk en heuning is.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 26