Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 21:5-11 Bybel vir Almal (ABA)

5. Dan moet die priesters van die nageslag van Levi nader kom, want julle God die Here het hulle gekies om vir Hom te werk en om te sê dat Hy mense sal seën. Daardie priesters moet oordeel wanneer mense twis en mekaar seermaak.

6. Al die leiers van die stad wat naaste aan die lyk is, moet hulle hande was bokant die dooie vers-kalf

7. en hulle moet sê: ‘Ons het nie hierdie persoon doodgemaak nie en ons het nie gesien wie dit gedoen het nie.

8. Here, U moet versoening doen vir u volk Israel, U het hulle losgekoop, U moenie u volk Israel straf oor iets wat hulle nie gedoen het nie.’“Dan sal die Here versoening doen vir die moord.

9. Julle self moet alles wegvat wat julle skuldig kan maak, ja, julle moet dinge doen waarvan die Here hou.”

10. “Wanneer jy teen jou vyande gaan oorlog maak, en die Here laat jou wen, en jy maak die mense jou gevangenes,

11. dan sal jy miskien tussen die gevangenes ’n mooi vrou sien en verlief word op haar en met haar wil trou.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 21