Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 21:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Moses het gesê: “In die land wat julle God die Here vir julle gee om aan julle te behoort, sal julle miskien iemand kry wat vermoor is en wat in die veld lê, maar julle weet nie wie hom doodgemaak het nie.

2. Dan moet julle leiers en regters gaan meet hoe ver dit is van die stede rondom die plek waar die lyk lê.

3. Die leiers van die stad wat die naaste is, moet ’n vers-kalf neem wat nog nie gewerk het nie, ’n kalf wat nog nie ’n juk op haar nek gehad het en ’n ploeg getrek het nie.

4. Hulle moet die vers-kalf uitbring na ’n vallei waar daar altyd water is en waar niemand ploeg en saai nie. Hulle moet die vers-kalf se nek daar in die vallei breek.

5. Dan moet die priesters van die nageslag van Levi nader kom, want julle God die Here het hulle gekies om vir Hom te werk en om te sê dat Hy mense sal seën. Daardie priesters moet oordeel wanneer mense twis en mekaar seermaak.

6. Al die leiers van die stad wat naaste aan die lyk is, moet hulle hande was bokant die dooie vers-kalf

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 21