Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 2:21-26 Bybel vir Almal (ABA)

21. Die Refaïete was ’n groot en sterk volk en hulle was so lank soos die Enak-mense, maar die Here het hulle laat sterf, en die Ammoniete het die land gevat en daar gaan woon.

22. Die Here het dieselfde gedoen vir die nageslag van Esau. Hy het die Goriete laat sterf, en die Edomiete het toe die land gevat en daar gaan woon. Hulle woon nou nog daar.

23. Dieselfde het gebeur met die Awwiete wat voorheen in klein dorpies gewoon het naby die stad Gasa. Die Kaftor-mense het van die eiland Kaftor gekom. Hulle het die Awwiete doodgemaak en in hulle plek gaan woon.”

24. “Die Here het gesê: ‘Julle moet gereedmaak en verder gaan. Gaan deur die Arnon-vallei. Onthou, Ek het Sihon, koning van die Amoriete in die stad Gesbon, en sy land vir julle gegee. Julle moet begin oorlog maak teen hom en julle moet sy land vat.

25. Ek begin vandag om al die volke in die wêreld bang te laat word vir julle. Wanneer hulle hoor van julle, dan sal hulle skrik en bewe.’ ”

26. “Ek het boodskappers uit die Kedemot-woestyn gestuur na koning Sihon toe in Gesbon, ek wou vrede maak met hom.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 2