Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 18:5-13 Bybel vir Almal (ABA)

5. Julle moet dit doen omdat julle God die Here vir Levi en sy nageslag uit al die stamme gekies het om vir Hom in die tempel te werk.

6. Ja, ook wanneer ’n Leviet ’n vreemdeling is op ’n ander plek en hy wil vir die Here kom werk, dan mag hy enige tyd uit enige plek in die hele land Israel kom na die plek wat die Here sal kies,

7. en dan mag hy vir die Here werk soos die ander Leviete wat die werk vir die Here daar doen.

8. Hy mag dieselfde kos eet wat hulle eet, ook wanneer hy van sy oupa of sy pa geld ge-erf het.”

9. “Wanneer julle in die land kom wat julle God die Here vir julle gee, dan moet julle nie leer om die dinge te doen wat daardie volke doen nie, die Here haat dit.

10. Niemand moet sy kind verbrand nie, niemand moet sê hy weet dinge wat ander mense nie kan weet nie. Hy moet ook nie sê hy sien tekens en hy weet wat sal gebeur nie, of hy kan toor,

11. of hy kan met slange praat, of hy kan vir die gees van iemand wat dood is, vra wat sal gebeur, of hy is ’n waarsêer nie.

12. Want die Here haat elke mens wat hierdie dinge doen, en daarom jaag die Here daardie volke weg om plek te maak vir julle.

13. Julle moet aan die Here behoort met julle hele hart.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 18