Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 18:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Moses het gesê: “Die priesters van die nageslag van Levi, die hele Levi-stam, het nie ’n stuk van die land gekry saam met die ander Israeliete nie, hulle het nie grond gekry wat hulle eie grond is nie. Hulle mag die vuur-offers eet wat aan die Here behoort.

2. Die priesters het nie hulle eie grond by die ander Israeliete nie. Die Here self behoort aan hulle, Hy het dit vir hulle belowe.

3. Hier is die dinge wat die Israeliete vir die priesters moet gee: Elke persoon wat ’n bees of ’n skaap of ’n bok offer, moet vir die priester ’n skouerblad van die dier gee, ook die kakebene en die pens van die dier.

4. Julle moet ook vir die priester die eerste koring en wyn en olyf-olie gee, ook die eerste wol en die eerste hare wat julle van julle skape en bokke afskeer.

5. Julle moet dit doen omdat julle God die Here vir Levi en sy nageslag uit al die stamme gekies het om vir Hom in die tempel te werk.

6. Ja, ook wanneer ’n Leviet ’n vreemdeling is op ’n ander plek en hy wil vir die Here kom werk, dan mag hy enige tyd uit enige plek in die hele land Israel kom na die plek wat die Here sal kies,

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 18