Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 14:27-29 Bybel vir Almal (ABA)

27. En julle moenie vergeet om die Leviete wat by julle woon ook te nooi om saam met julle fees te vier nie, want hulle het nie grond gekry saam met julle nie.

28. “Elke drie jaar moet julle die hele tiende van alles wat julle in daardie jaar kry, in julle woonplekke bêre.

29. Die Leviete het nie hulle eie grond saam met julle gekry nie, en hulle mag dan kom en hulle mag eet totdat hulle genoeg het. Die vreemdelinge en die weeskinders en die weduwees wat by julle woon, mag ook kom eet. Dan sal julle God die Here dit goed laat gaan met alles wat julle doen.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 14