Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 12:7-12 Bybel vir Almal (ABA)

7. Julle God die Here sal by julle wees en julle en julle huisgesinne moet daar eet en feesvier oor alles wat julle gekry het omdat julle God die Here julle geseën het.

8. “Julle moenie in daardie land doen soos ons nou doen nie. Nou doen elkeen wat hyself dink is reg,

9. want julle het nog nie by julle woonplek gekom nie, die land wat julle God die Here vir julle gee.

10. Maar julle sal deur die Jordaan-rivier gaan en julle sal gaan woon in die land wat julle God die Here vir julle gee, die land sal aan julle behoort. Die Here sal julle laat wen teen al die vyande rondom julle, hulle sal julle nie kan aanval nie, en julle sal veilig woon.

11. Dan sal julle God die Here ’n plek kies waar julle Hom moet aanbid. Julle moet alles na daardie plek bring, alles wat ek vir julle sê: julle brand-offers en ander offers, julle tiendes en julle presente, en die beste dinge wat julle vir die Here belowe het.

12. Die Here sal daar by julle wees, en dan moet julle feesvier, julle en julle kinders, julle slawe en slavinne, en ook die Leviete wat by julle woon, want hulle het nie hulle eie grond soos julle nie.

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 12