Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 11:25-32 Bybel vir Almal (ABA)

25. Niemand sal kan wen teen julle nie, julle God die Here sal al die mense in die land laat skrik vir julle en bang laat word vir julle, soos Hy belowe het.

26. “Julle moet dit weet, julle moet vandag kies: Wil julle hê die Here moet julle seën, of wil julle hê Hy moet julle vervloek?

27. Hy sal julle seën as julle gehoorsaam is aan die wette wat ek vandag vir julle gee

28. en Hy sal julle vervloek as julle nie gehoorsaam is aan sy wette nie, as julle ophou om te lewe soos ek vandag vir julle sê en as julle ander gode gaan dien, gode wat julle voorheen nie geken het nie.

29. Wanneer julle God die Here julle bring in die land wat julle vir julleself moet gaan vat, dan moet julle op Gerisim-berg gaan staan om vir die mense te sê dat die Here hulle sal seën, en julle moet op Ebal-berg gaan staan om te sê dat die Here daardie mense sal vervloek.

30. Hierdie twee berge is anderkant die Jordaan-rivier, langs die pad wat van die see in die weste na die Jordaan-vallei gaan. Die Kanaäniete woon daar, oorkant die stad Gilgal, naby die bome van die waarsêers.

31. Julle sal deur die Jordaan-rivier gaan om die land vir julleself te gaan vat, die land wat julle God die Here vir julle gee. Wanneer julle dit vat en daar gaan woon,

32. dan moet julle doen presies soos die wette sê wat ek vandag vir julle gee.”

Lees volledige hoofstuk Deuteronomium 11