Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 7:2-5 Bybel vir Almal (ABA)

2. Daniël het geskryf:“Ek het gedroom en ek het iets gesien. Die wind het van al die kante gewaai. Dit het die branders van die groot see baie wild gemaak.

3. Vier groot diere het uit die see gekom. Elke dier het anders gelyk as die ander diere.

4. Die eerste dier het gelyk soos ’n leeu, maar hy het vlerke gehad soos ’n arend se vlerke. Ek het na hom gekyk en ek het gesien iemand trek sy vlerke uit en laat hom op twee bene staan soos ’n mens. Hy kon toe ook dink soos ’n mens.

5. “Die tweede dier het gelyk soos ’n beer wat op sy agterpote staan. Daar was drie ribbe in sy bek. Iemand het vir die beer gesê: ‘Jy moet staan, jy moet baie vleis vreet.’

Lees volledige hoofstuk Daniël 7