Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 6:24-28 Bybel vir Almal (ABA)

24. Die koning was baie bly. Hy het gesê hulle moet vir Daniël uithaal uit die gat, en hulle het dit gedoen. Daar was nie ’n stukkende plek aan Daniël nie, want hy het geglo sy God sal hom help.

25. Toe het die koning gesê hulle moet daardie manne bring wat wou hê dat Daniël moet sterf. Die koning het gesê hulle moet daardie manne vir die leeus gooi, ook hulle seuns en hulle vroue. Die leeus het hulle gevang en opgevreet nog voor hulle onder in die gat geval het.

26. Koning Darius het toe ’n brief geskryf vir al die volke wat op die aarde woon. Hy het geskryf:“Ek hoop dit sal met julle baie goed gaan.

27. Almal oor wie ek regeer, moet die God van Daniël dien en eer. Ek sê dit.“Hy is die God wat leween Hy sal altyd lewe.Hy sal altyd Koning wees,Hy sal altyd regeer.

28. Hy red mense en maak hulle vry.Hy doen tekens en wonderwerkein die hemel en op die aarde.Hy het vir Daniël gered,die leeus het nie vir Daniël gevang nie.”

Lees volledige hoofstuk Daniël 6