Ou Testament

Nuwe Testament

Daniël 10:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Daniël het ’n boodskap gekry. Dit was in die derde jaar nadat Kores koning geword het van Persië. Daniël se ander naam was Beltsassar. Die dinge wat Daniël gehoor het, het regtig gebeur. Dit was moeilik om die boodskap te verstaan, maar Daniël het verstaan, want hy het gesien wat sal gebeur.

2. Ek, Daniël, het daardie tyd drie weke lank gerou en getreur.

3. Ek het nie lekker kos geëet nie, ek het nie vleis geëet en wyn gedrink nie, en daardie drie weke het ek nie olyf-olie aan my gesmeer nie.

Lees volledige hoofstuk Daniël 10