Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 7:1-2 Bybel vir Almal (ABA)

Die Here het vir my gewys wat Hy wil doen. Hy het baie sprinkane gemaak. Dit was nadat die mense die gras afgesny het vir die koning se perde. Die gras het weer begin groei en dit het groen geword. Die sprinkane het al die groen plante in die land begin opvreet. Ek sê toe: “Here, vergewe hulle asseblief! Die Israeliete is min, hulle sal nie kan aanhou lewe nie.”

Lees volledige hoofstuk Amos 7

Kyk Amos 7:1-2 in konteks