Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 6:1-10 Bybel vir Almal (ABA)

1. Dit sal sleg gaanmet die belangrike mensevan die belangrikste volk,die Israeliete.Hulle het gevra hulle leiersmoet hulle help,die leiers wat so lekker woonin Jerusalem,en die mense wat dinkhulle is veilig op Samaria-berg.

2. Gaan kyk wat het gebeurmet die stad Kalneen met die groot stad Hamaten met Gat, die stad van die Filistyne.Hulle was nie sterker as julle nie, Israel en Juda.Hulle land is kleiner as julle land.

3. Julle dink daar is nog baie tyd,julle dink julle sal nie nouswaarkry nie.Julle hou aan om julle mensete laat swaarkry.

4. Julle lê op beddenswat julle mooi gemaak hetmet ivoor,julle sit lekker op julle rusbanke.Julle eet lammers en vet kalwers.

5. Julle maak musiek op ’n harp,julle maak nuwe musiekom te speel, soos Dawid.

6. Julle drink wyn uit die bakkewaarin julle offers bringen julle smeer die beste olyf-olieaan julle.Maar julle is nie bekommerddat dit slegter en slegter gaanmet die Israeliete nie.

7. Daarom sal julle vyande julle vang.Hulle sal die leiers eerste vangen wegvat na ’n ander land.Die tyd is verby, julle sal nie meerlê en feesvier nie.

8. Die Here, die Godwat oor alles regeer,het belowe,en Hy is self die getuie.Hy het gesê:“Die Israeliete is baie hoogmoedig.Ek hou niks daarvan nie,Ek haat hulle mooi huise.Ek sal die stad en alleswat daarin isvir hulle vyande gee.

9. As daar in een huistien mans oorgebly het,dan sal hulle ook almal sterf.

10. Iemand van daardie familie sal komen hy sal die dooie menseuit die huis begin draom hulle te begrawe.As daar agter in die huisnog iemand is wat lewe,dan sal die man van die familievir hom vra:‘Is daar nog iemand by jou?’en hy sal sê: ‘Nee, niemand nie.’Dan sal die manvan die familie antwoord:‘Ons moenie praat nie,ons moenie die Here se Naamnoem nie.’ ”

Lees volledige hoofstuk Amos 6