Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 5:22-27 Bybel vir Almal (ABA)

22. Julle bring vir My brand-offersen koring-offers,maar Ek wil dit nie hê nieen Ek wil glad nie kykna die vet dierewat julle bring vir ete-offers nie.

23. Wanneer julle sing,dan is dit nie vir My mooi nie,julle raas net.Hou op sing!Ek wil nie luisterwanneer julle musiekmaak met ’n harp nie.

24. Ek wil hê julle moet reg doenaan mense.Julle moet aanhou om dit te doen,aanhou soos ’n rivierwat altyd vol is.

25. Mense van Israel,toe julle 40 jaar lankin die woestyn was,het julle nie diere of koringvir My ge-offer nie.

26. Nou sal julle die godewat julle gemaak het,saam met julle moet dra.Dit is julle ster-gode,julle koning Sikkut,julle afgod Kijun.

27. Die vyande sal julle vangen hulle sal julle wegvattot ver anderkantdie stad Damaskus,”sê die Here.Sy Naam is die Here,God wat oor alles regeer.

Lees volledige hoofstuk Amos 5