Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 5:14-19 Bybel vir Almal (ABA)

14. Julle sê die Here is by julle.Maar julle moet probeerom goed te doen,moenie doen wat sleg is nie.Dan sal julle lewe,en dan sal die Here,die God wat oor alles regeer,by julle wees.

15. Julle moet haat wat sleg isen julle moet lief weesvir wat goed is,julle moet in die hof reg doenaan mense.Miskien sal die Here,die God wat oor alles regeer,dan jammer wees vir julle,julle Israelietewat nog lewe.

16. Ja, die Here sê, die God wat oor alles regeer, die Here, sê:“Die mense sal huil en treurop al die oop plekke in die stad,hulle sal in al die strate sug.Hulle betaal mense om te treur,en hulle sal die boere roepom saam te kom treuroor almal wat dood is.

17. Hulle sal in al die wingerde treur,want Ek gaan tussen julle deurom julle te straf.”Dit sê die Here.

18. “Dit sal baie sleg gaanmet mense wat wensdie dag van die Heremoet gou kom.Hoekom wens julledie dag van die Heremoet gou kom?Daardie dag sal dit donker wees,daar sal nie lig wees nie.

19. Dit sal wees soos wanneer iemandvir ’n leeu vlugen dan teen ’n beer vasloop,of wanneer iemand in sy huis komen met sy hand teen die muur druk,en dan is daar ’n slang wat hom byt.

Lees volledige hoofstuk Amos 5