Ou Testament

Nuwe Testament

Amos 1:1-3 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die woorde van Amos.Amos was ’n skaapboer. Hy het in die stad Tekoa gewoon. Die Here het vir hom gewys wat met die Israeliete sal gebeur. Dit was twee jaar voor die aardbewing. In daardie tyd was Ussia die koning van die land Juda, en Jerobeam was die koning van die land Israel. Jerobeam was die seun van Joas.

2. Amos het gesê:“Wanneer die Here uit Jerusalem praat, dan is dit soos ’n leeu wat brul. Dan word die veld droog waar die skape moet wei, die plante op Karmel-berg gaan dood.”

3. Die Here sê:“Die mense van die stad Damaskushet ’n baie groot sonde gedoen,daarom sal Ek hulle straf.Hulle het wrede dinge gedoenaan die mense van die land Gilead.

Lees volledige hoofstuk Amos 1