Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 9:9-13 Bybel vir Almal (ABA)

9. Die koning het vir Siba, die amptenaar van Saul, geroep en vir hom gesê: “Ek het alles wat aan Saul en sy hele familie behoort het, vir die seun van jou meneer Jonatan gegee.

10. Jy moet vir hom in sy grond werk, jy en jou seuns en jou slawe, en jy moet die koring en die gars bring wat jy afgesny het, en die vrugte wat jy gepluk het, sodat jou meneer se seun kos sal hê om te eet. Mefiboset, die seun van jou meneer, moet elke dag saam met my eet.”Siba het 15 seuns gehad en 20 slawe.

11. Siba het vir die koning gesê: “Ek sal alles doen wat Meneer die koning vir my gesê het sodat Mefiboset saam met die koning kan eet soos die koning se eie seuns.”

12. Mefiboset het ’n klein seuntjie gehad. Sy naam was Mika.

13. Mefiboset het in Jerusalem gewoon, want hy het elke dag saam met die koning geëet. Altwee sy bene was verlam.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 9