Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 7:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die koning het in sy paleis gewoon. Die Here het hom laat rus. Nie een van sy vyande het nog oorlog gemaak teen hom nie.

2. Die koning sê toe vir die profeet Natan: “Kyk, ék woon in ’n paleis van sederhout, maar die kis van God staan in ’n tent.”

3. Natan het vir die koning gesê: “Jy mag alles doen wat jy wil doen, want die Here is by jou.”

4. Maar daardie nag het Natan gehoor die Here sê vir hom:

5. “Jy moet vir my dienaar Dawid gaan sê dat Ek sê: ‘Is dit jý wat vir My ’n tempel wil bou om in te woon?

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 7