Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 4:2-7 Bybel vir Almal (ABA)

2. Is-Boset het twee offisiere gehad wat die leiers was van manne wat stede aangeval het en wat die goed in die stede gevat het. Hulle name was Baäna en Rekab, en hulle was seuns van Rimmon, ’n man van die stad Beërot. Hulle was Benjamin-mense, want Beërot was in die land Benjamin.

3. Die mense van Beërot het na die stad Gittajim gevlug en hulle is nou nog daar vreemdelinge.

4. Saul se seun Jonatan het ’n seun gehad. Die seun se bene was verlam. Hy was vyf jaar oud toe hulle gehoor het wat met Saul en Jonatan gebeur het naby Jisreël. Die vrou wat die seun opgepas het, het hom geneem en gevlug, maar sy was so haastig om te vlug dat sy hom laat val het, en hy het verlam geword. Die seun se naam was Mefiboset.

5. Rekab en Baäna, die seuns van Rimmon van die stad Beërot, het op die warmste tyd van die dag in die huis van Is-Boset ingekom toe hy die middag geslaap het.

6. Hulle het gesê hulle bring koring en hulle het vir Is-Boset in sy maag gesteek en gevlug.

7. Terwyl Is-Boset op sy bed in die slaapkamer gelê het, het hulle in die huis ingekom en hulle het hom doodgemaak. Hulle het sy kop afgesny en saamgeneem. Hulle het die hele nag op die pad deur die Jordaan-vallei geloop

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 4