Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 3:29-39 Bybel vir Almal (ABA)

29. Ek bid dat die Here vir Joab en sy hele familie sal straf oor hierdie moord. Ek bid dat daar altyd mense in die familie van Joab sal wees wat hulle doodbloei, of wat melaats is of kreupel, of wat in oorlog sterf of wat honger ly.”

30. Joab en sy broer Abisai het vir Abner vermoor omdat hy hulle broer Asael doodgemaak het in die oorlog by Gibeon.

31-32. Dawid het vir Joab en al die manne by hom gesê: “Julle moet julle klere skeur en rouklere aantrek, julle moet rou oor Abner.”Hulle het vir Abner in Hebron begrawe. Koning Dawid het geloop agter die mense wat Abner se lyk gedra het. Die koning het hard gehuil by Abner se graf, en al die manne het saam gehuil.

33. Die koning het ’n klaaglied gesing oor Abner. Hy het gesê:“Hoekom moes Abner sterfsoos ’n dwaas sterf?

34. Niemand het jou handevasgebind nie,niemand het jou voetevasgemaak met kettings nie,maar jy het gesterf soosiemand sterf wanneer skelmshom doodmaak.”Al die manne het weer gehuil oor Abner.

35. Dit was nog dag, en al die manne het vir Dawid gesê hy moet eet. Maar hy het gesê: “Die Here moet my straf as ek enige iets eet of drink voordat die son ondergaan.”

36. Al die manne het dit gehoor, en hulle het gedink dit is reg. Alles wat die koning gedoen het, was altyd reg vir al die mense.

37. Al die manne en al die mense van Israel het daardie dag geweet en hulle was seker dat dit nie die koning was wat vir Abner seun van Ner laat doodmaak het nie.

38. Die koning het vir sy manne gesê: “Julle moet dit weet, dit is ’n leier en ’n belangrike man wat vandag in die land Israel gesterf het.

39. Ek is die gesalfde koning, maar ek is swak. Hierdie manne, die seuns van Seruja, is sterker as ek. Ek bid dat die Here die skelms sal straf oor dit wat hulle gedoen het.”

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 3