Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 3:27-34 Bybel vir Almal (ABA)

27. Toe Abner terugkom in Hebron, het Joab hom eenkant toe geneem in die poort. Hy het gesê hy wil alleen met Abner praat. Maar toe steek Joab vir Abner in sy maag omdat Abner vir Asael, Joab se broer, doodgemaak het. Abner het gesterf.

28. Toe Dawid dit later hoor, het hy gesê: “Die Here sal altyd weet dat ek en my familie onskuldig is, ons het nie vir Abner seun van Ner vermoor nie.

29. Ek bid dat die Here vir Joab en sy hele familie sal straf oor hierdie moord. Ek bid dat daar altyd mense in die familie van Joab sal wees wat hulle doodbloei, of wat melaats is of kreupel, of wat in oorlog sterf of wat honger ly.”

30. Joab en sy broer Abisai het vir Abner vermoor omdat hy hulle broer Asael doodgemaak het in die oorlog by Gibeon.

31-32. Dawid het vir Joab en al die manne by hom gesê: “Julle moet julle klere skeur en rouklere aantrek, julle moet rou oor Abner.”Hulle het vir Abner in Hebron begrawe. Koning Dawid het geloop agter die mense wat Abner se lyk gedra het. Die koning het hard gehuil by Abner se graf, en al die manne het saam gehuil.

33. Die koning het ’n klaaglied gesing oor Abner. Hy het gesê:“Hoekom moes Abner sterfsoos ’n dwaas sterf?

34. Niemand het jou handevasgebind nie,niemand het jou voetevasgemaak met kettings nie,maar jy het gesterf soosiemand sterf wanneer skelmshom doodmaak.”Al die manne het weer gehuil oor Abner.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 3