Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 24:6-13 Bybel vir Almal (ABA)

6. Hulle het gekom in die land Gilead en in die land Tagtim-Godsi. En toe het hulle deur Dan-Jaän gegaan en oral tot by die stad Sidon.

7. Daarna het hulle gekom by Tirus, die stad wat sterk mure het, en by al die stede van die Hewiete en Kanaäniete, en toe het hulle deur die Suid-land van Juda gegaan tot by die stad Berseba.

8. So het hulle deur die hele land gegaan en ná nege maande en 20 dae het hulle weer aangekom in Jerusalem.

9. Joab het vir die koning gesê hoeveel mense daar was. Daar was 800 000 manne van Israel wat oorlog kon maak, en daar was 500 000 manne van Juda.

10. Maar nadat Dawid die volk laat tel het, het hy geweet dat hy verkeerd gedoen het. Hy het vir die Here gesê: “Here, ek het ’n groot sonde gedoen, maar vergewe asseblief my sonde, want ek het ’n baie dom ding gedoen.”

11. Die profeet Gad was Dawid se siener. Toe Dawid die volgende oggend opstaan, het die Here vir Gad gesê:

12. “Jy moet vir Dawid gaan sê Ek sê: Dawid, Ek noem drie dinge vir jou. Jy moet een kies, dan sal Ek dit met jou laat gebeur.”

13. Gad het na Dawid toe gegaan en hy het vir Dawid die boodskap gebring en gesê: “Wil jy hê daar moet sewe jaar lank hongersnood wees in jou land, of wil jy drie maande lank vlug vir jou vyande wat jou volg en jaag, of wil jy hê daar moet drie dae lank pes wees in jou land? Jy moet besluit en vir my sê wat ek moet sê vir Hom wat my gestuur het.”

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 24