Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 22:37-48 Bybel vir Almal (ABA)

37. U laat my vinnig hardloop,my voete gly nie.

38. Ek volg en jaag my vyande,ek kom tot by hulle,ek draai nie omvoordat hulle almaldood is nie.

39. Ek maak hulle dood,ek slaan hulle,hulle staan nie weer op nie,hulle lê voor my voete.

40. U maak my sterk om oorlogte maak,U laat my vyandeop hulle knieë staanvoor my.

41. U laat hulle vlug, weg van my,en ek kan die mensewat my haat,vir altyd stilmaak.

42. Hulle skree en vra dat iemandhulle moet help,maar niemand red hulle nie,hulle roep na die Here,maar Hy antwoord hulle nie.

43. Ek slaan hulle fyn soos stof,ek trap op hulle soos ek trapop die modder in die paaie,ek trap hulle plat.

44. “U red my van my eie mensewat opstandig is teen my.U maak my die hoof van volkeen U beskerm my.Mense wat ek nie geken het nie,doen nou wat ek sê.

45. “Mense uit ander landekruip voor my.Wanneer hulle hoor van my,dan luister hulle dadelik.

46. Hulle skrik en hulle komuit hulle stede, die stedewat sterk mure het.

47. “Die Here lewe,ek wil my Rots prys.Ek sê die God wat my Rots isen wat my red,is belangriker as alles.

48. Hy is die God wat my helpom mense te strafoor die dinge wat hulleaan my gedoen het,Hy laat my regeer oor volke.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 22