Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 22:16-28 Bybel vir Almal (ABA)

16. “Wanneer die Heremet sy vyande raas,wanneer die asem uit sy neus’n stormwind word,dan word die see leeg,en die fondamentevan die wêreld lê oop.

17. “Die Here steek sy handuit die hemelen Hy gryp my,Hy tel my op uit die baie water.

18. Hy red my van mysterk vyande,van die mense wat my haat,want hulle is te sterk vir my.

19. Hulle val my aanwanneer ek swaarkry,maar die Here hou my regop.

20. “Hy bring my na ’n plekwaar ek vry is,Hy red my,want Hy is lief vir my.

21. Ek is onskuldig,en die Here gee vir mywat ek moet kry,ek het niks verkeerd gedoen nie,en die Here beloon my.

22. Ja, ek het gedoenwat die Here wil hê.Wanneer my God my oordeel,dan is ek nie skuldig nie.

23. Ek het onthou wat Hygesê het ek moet doen,ek het gedoen wat Hybeveel het.

24. Ek het alles gedoen wat Hygesê het,ek het aangehou om reg te doen.

25. Ek is onskuldig.Die Here het gesien dat ekniks verkeerd doen nie,en Hy het my beloon.

26. U doen wat U belowe hetvir die mense wat doenwat húlle belowe.U is altyd goed vir die mensewat net goed doen.

27. Wanneer mense rein isen by U mag wees,dan is U by hulle.Wanneer mense vals is,dan is U te slim vir hulle.

28. U red mense wat hulleselfnie kan beskerm nie,en U verneder mense wat dinkhulle is belangrik.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 22