Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 21:17-22 Bybel vir Almal (ABA)

17. maar Abisai seun van Seruja het vir Dawid gehelp en hy het die Filistyn plat geslaan en hom doodgemaak. Die manne van Dawid het toe vir hom gesê: “So seker soos die Here lewe, jy sal nie weer saam met ons oorlog gaan maak nie. Jy is die lamp wat vir Israel lig gee, en niemand mag die lamp doodmaak nie.”

18. Later het die Israeliete weer by die stad Gob oorlog gemaak teen die Filistyne. Sibbekai van die stad Gusa het daar vir Saf oorwin. Saf was ook van die nageslag van die Rafa-mense.

19. Toe die Israeliete later weer by Gob oorlog gemaak het teen die Filistyne, het Elganan seun van Jaäre-Oregim van Betlehem vir Goliat oorwin. Goliat het van die stad Gat gekom en sy spies se steel was soos die balk van ’n weefstoel.

20. Eendag was daar oorlog in die stad Gat. Daar was ’n lang man, hy het ses vingers aan elke hand gehad en ses tone aan elke voet, en hy was ook van die nageslag van die Rafa-mense.

21. Hy het die Israeliete gespot, en toe het Jonatan seun van Sima broer van Dawid hom oorwin.

22. Hierdie vier manne was almal van die nageslag van die Rafa-mense in die stad Gat. Dawid en sy manne het hulle doodgemaak.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 21