Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 2:1-8 Bybel vir Almal (ABA)

1. Daarna het Dawid vir die Here gevra: “Moet ek na een van die stede van Juda gaan?”En die Here het vir hom gesê: “Ja, jy moet gaan.”Toe vra Dawid: “Waarnatoe moet ek gaan?”En die Here het gesê: “Na Hebron.”

2. Dawid het toe na Hebron gegaan, en ook sy twee vroue, Aginoam van die stad Jisreël en Abigajil van die stad Karmel. Abigajil was Nabal se weduwee.

3. Dawid het die manne wat by hom was, saam met hom geneem, en elkeen het sy huisgesin saamgeneem. Hulle het in die stede naby Hebron gaan woon.

4. Die leiers van Juda het gekom en hulle het vir Dawid daar in Hebron gesalf om koning te wees van die Juda-stam.Hulle het vir Dawid vertel dit is die manne van Jabes in Gilead wat vir Saul begrawe het.

5. Dawid het toe boodskappers na die manne van Jabes in Gilead gestuur om vir hulle te sê: “Ek bid dat die Here dit goed sal laat gaan met julle, want julle het gedoen wat julle moes doen en julle het julle koning Saul begrawe.

6. En nou bid ek dat die Here lief sal wees vir julle en dat Hy ook goed sal doen aan julle. Ek sal self ook goed wees vir julle omdat julle hierdie goeie ding gedoen het.

7. Julle koning Saul is nou dood, nou moet julle sterk wees en gereed wees om oorlog te maak. Daar is nog iets: Die Juda-stam het vir my gesalf om hulle koning te wees.”

8. Abner seun van Ner, die hoof van Saul se leër, het vir Is-Boset seun van Saul na die stad Maganajim geneem

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 2