Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 19:36-43 Bybel vir Almal (ABA)

36. Ek sal ’n klein entjie saam met die koning deur die Jordaan-rivier gaan. Hoekom wil die koning hierdie ding vir my doen?

37. Laat my asseblief teruggaan. Ek wil in my stad sterf by die graf van my ouers. Maar hier is my seun Kimham. Hy kan saam met die koning gaan, en jy kan vir hom doen wat jy besluit om te doen.”

38. Toe sê die koning: “As Kimham saam met my kom, dan sal ek vir hom alles doen wat jy wil hê. Ek sal enige iets doen wat hy vra.”

39. Al die mense het deur die Jordaan-rivier gegaan. Die koning het vir Barsillai gesoen en hy het hom gegroet, en Barsillai het teruggegaan huis toe.

40. Die koning het verder gegaan na die stad Gilgal, en Kimham het saam met hom gegaan. Al die mense van Juda was daar, hulle het saam met die koning geloop, en die helfte van die mense van Israel het ook saamgegaan.

41. En daar kom al die Israel-manne toe na die koning toe en hulle vra vir hom: “Hoekom het ons broers, die manne van Juda, die koning gesteel? Hoekom het hulle saam met die koning en sy huisgesin en al die manne van Dawid deur die Jordaan-rivier gekom?”

42. Maar al die manne van Juda het vir die manne van Israel gesê: “Die koning is familie van ons. Hoekom is julle kwaad hieroor? Die koning het nie vir ons kos of presente gegee nie.”

43. En die mense van Israel het vir die mense van Juda geantwoord en gesê: “Ons is tien stamme, Dawid is óns koning meer as wat hy júlle koning is. Hoekom het julle ons verneder? Ons het eerste gesê ons wil die koning laat terugkom.”Maar Juda het gewen.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 19