Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 17:1-11 Bybel vir Almal (ABA)

1. Agitofel het vir Absalom gesê: “Ek wil 12 000 manne kies en gereedmaak en ek wil vannag vir Dawid volg en jaag.

2. Ek sal by hom kom wanneer hy moeg en moedeloos is, en ek sal hom groot laat skrik. Al die mense wat by hom is, sal vlug. Dan sal die koning alleen wees, en ek sal hom doodmaak.

3. Dan sal ek al die mense na jou toe laat kom. Jy het een man gesoek, maar almal sal na jou toe kom, en al die mense sal veilig lewe.”

4. Absalom en al die leiers van Israel het gedink dit is ’n goeie plan.

5. Maar Absalom het gesê: “Roep asseblief ook vir Gusai van die stad Erek sodat ons kan hoor wat hy sê.”

6. Toe Gusai by Absalom kom, sê Absalom vir hom wat Agitofel gesê het. Absalom vra toe vir Gusai: “Moet ons dit doen of nie, wat dink jy?”

7. Gusai sê toe vir Absalom: “Vandag is Agitofel se plan nie goed nie.

8. Jy ken jou pa en sy manne. Hulle kan goed veg en hulle is nou so kwaad soos ’n beer-wyfie in die veld wanneer iemand haar kleintjies doodgemaak het. Jou pa is ’n man wat baie weet van oorlog, hy sal nie by die ander mense slaap nie.

9. Jy kan seker wees dat hy nou wegkruip in ’n sloot of ’n ander plek. Wanneer hulle vir julle begin aanval en party van jou manne sterf, en die mense hoor dit, dan sal hulle sê baie van Absalom se manne is dood.

10. Dan sal almal bang word, ook die manne wat so dapper soos ’n leeu is, want al die Israeliete weet dat jou pa en die manne by hom goed kan veg.

11. Daarom sê ek jy moet eers al die manne van Israel by jou laat bymekaarkom, almal van die stad Dan tot by die stad Berseba. Hulle moet so baie wees soos die sand by die see, en jy moet self saam met hulle gaan.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 17