Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 14:1-13 Bybel vir Almal (ABA)

1. Joab seun van Seruja het geweet dat die koning na Absalom verlang.

2. Joab stuur toe iemand na die stad Tekoa en hy laat haal ’n wyse vrou wat daar gewoon het. Hy het vir haar gesê: “Jy moet asseblief huil en treur en rouklere aantrek, jy moenie olyf-olie aan jou smeer nie, en jy moet wees soos ’n vrou wat aanhou treur oor iemand wat dood is.

3. Dan moet jy na die koning toe gaan en jy moet vir hom sê wat ek vir jou sê.”

4. Die vrou van Tekoa het toe met die koning gaan praat. Sy het gebuig met haar gesig teen die grond en sy het gesê: “Koning, jy moet my help.”

5. Die koning het vir haar gevra wat haar probleem is, en sy sê toe: “Ag, ek is ’n weduwee, my man is dood.

6. Ek het twee seuns, en hulle het in die veld met mekaar gestry. Niemand het hulle gekeer nie, en die een seun het die ander seun doodgeslaan.

7. Die hele familie kom toe na my toe en hulle sê: ‘Gee vir ons die seun wat sy broer doodgeslaan het. Ons wil hom doodmaak omdat hy sy broer doodgemaak het. Hy is die seun wat sy pa se goed moet erf, maar ons wil hom doodmaak.’ Ek het nog net hierdie seun, hy is die lig in my lewe, maar nou wil hulle hom ook doodmaak. As hy ook dood is, dan sal daar niemand op die aarde oorbly wat die naam van my man het nie.”

8. Die koning het vir die vrou gesê: “Gaan huis toe, ek sal sê wat moet gebeur.”

9. Maar toe sê die vrou van Tekoa vir die koning: “Meneer die koning, as iemand iets verkeerd gedoen het, dan is dit ek en my familie, jy is onskuldig.”

10. Toe sê die koning: “Wanneer iemand met jou praat oor hierdie ding, dan moet jy hom na my toe bring. Ek sal seker maak dat hy jou nie weer pla nie.”

11. Maar die vrou het gesê: “Daar is iemand, hy is die naaste familielid, hy wil my seun straf. Die koning moet asseblief belowe dat die naaste familielid nie my seun sal doodmaak nie. Jou God die Here moet die getuie wees.”Die koning het geantwoord: “So seker soos die Here lewe, niemand sal jou seun doodmaak nie, daar sal nie ’n haar van jou seun op die grond val nie.”

12. Toe sê die vrou: “Mag ek vir Meneer die koning nog iets vra?”Die koning sê toe: “Ja, vra.”

13. Sy sê toe: “Maar hoekom wil jy so ’n verkeerde ding doen aan die volk van God? Jy het gesê wat moet gebeur in my saak, maar toe het jy gewys dat jy self verkeerd doen. Hoekom? Want jy laat nie jou seun terugkom nie, jou seun wat in ’n ander land moet bly.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 14