Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 12:24-31 Bybel vir Almal (ABA)

24. Dawid het sy vrou Batseba getroos. Hy het na haar toe gegaan en by haar geslaap. Sy het ’n seun gekry, en Dawid het hom Salomo genoem. Die Here was lief vir die kind.

25. Die Here het vir Natan gestuur om te sê sy naam moet Jedidja wees, want die Here is lief vir hom.

26. Joab het nog oorlog gemaak teen die stad Rabba van die Ammoniete. Hy het die deel van die stad oorwin waar die koning gewoon het.

27. Toe stuur Joab vir Dawid ’n boodskap. Hy het gesê: “Ek het oorlog gemaak teen Rabba en ek het die deel van die stad oorwin waar die water is.

28. Jy moet nou die manne wat oor is, bymekaarmaak en julle moet hier by die stad julle tente kom opslaan. Jy moet die stad oorwin, want as ek die stad oorwin, dan sal die stad aan my behoort.”

29. Dawid het al die manne laat bymekaarkom en hulle het na Rabba gegaan. Hy het teen die stad geveg en hy het dit oorwin.

30. Dawid het die kroon afgehaal van hulle koning se kop. Die kroon was gemaak van een talent goud en daar was ’n mooi edelsteen op die kroon. Dawid het die kroon op sy eie kop gesit. Hy het baie goed in die stad gevat en saamgebring.

31. Hy het ook die manne van die stad saamgeneem en hy het hulle laat werk, elkeen met ’n saag of ’n pik of ’n byl. Hy het party manne stene laat maak. Hy het dieselfde gedoen met die manne in al die Ammoniete se stede. Toe het hy en al sy manne teruggegaan na Jerusalem.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 12