Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 12:1-6 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Natan na Dawid toe gestuur. Natan het by Dawid gekom en hy het vir Dawid gesê: “Daar was twee mans in ’n stad, die een man was ryk en die ander man was arm.

2. Die ryk man het groot troppe skape en bokke en beeste gehad.

3. Die arm man het niks gehad nie, hy het net een klein skaap-ooitjie gehad wat hy gekoop het. Hy het die ooitjie grootgemaak, en sy het by hom grootgeword saam met sy kinders. Die ooitjie het geëet van sy bietjie kos en sy het uit sy beker gedrink en teen sy bors geslaap. Sy was vir hom soos ’n dogter.

4. Daar kom toe ’n besoeker by die ryk man, en die ryk man was te suinig om van sy eie skape of bokke of beeste te slag om vir die besoeker kos te gee. Die ryk man vat toe die ooitjie van die arm man en hy slag haar en gee die vleis vir die man wat by hom gekom het.”

5. Dawid het baie kwaad geword vir die ryk man. Hy het vir Natan gesê: “So seker soos die Here lewe, die man wat dit gedoen het, moet sterf.

6. Hy het een ooitjie van die arm man gevat, maar hy moet vier ooitjies teruggee omdat hy hierdie verkeerde ding gedoen het, en omdat hy nie jammer was vir die arm man nie.”

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 12