Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 10:14-19 Bybel vir Almal (ABA)

14. Toe die Ammoniete sien dat die Arameërs vlug, het hulle ook weggevlug van Abisai en hulle het ingegaan in hulle eie stad. Joab het toe opgehou oorlog maak teen die Ammoniete en hy het na Jerusalem gegaan.

15. Toe die Arameërs besef dat die Israeliete hulle oorwin het, het hulle almal bymekaargekom.

16. Hadad-Eser het ook die Arameërs laat kom wat oorkant die Eufraat-rivier was. Hulle het bymekaargekom by die stad Gelam, en Sobak, die hoof van Hadad-Eser se leër, het hulle gelei.

17. Dawid het dit gehoor, en hy het al die Israeliete laat bymekaarkom. Hy het oor die Jordaan-rivier gegaan en hy het by Gelam gekom. Die Arameërs het gereedgemaak en hulle het begin oorlog maak teen Dawid.

18. Maar die Arameërs het weggevlug van die Israeliete. Dawid het die manne op 700 oorlogkarre doodgemaak, en ook 40 000 manne op perde. Sobek, die hoof van die leër, het ook gesterf.

19. Hadad-Eser het regeer oor ’n paar konings, en toe hulle sien dat die Israeliete hulle gewen het in die oorlog, het hulle vrede gemaak met die Israeliete, en die Israeliete het oor die Arameërs regeer. Die Arameërs was bang om weer vir die Ammoniete te help.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 10