Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 1:6-18 Bybel vir Almal (ABA)

6. Die jongman het gesê: “Ek het op Gilboa-berg gekom, en daar het ek vir Saul gesien, hy het in sy spies geval. Die Filistyne se oorlogkarre en hulle manne op perde was rondom hom.

7. Saul het omgekyk en hy het vir my geroep, en toe ek antwoord,

8. vra hy vir my wie ek is. Ek het vir hom gesê ek is ’n Amalekiet.

9. Toe sê hy vir my: ‘Jy moet asseblief hier na my toe kom en jy moet my doodmaak, want ek lewe nog maar ek is besig om te sterf en ek is baie bang.’

10. “Ek het na hom toe gegaan en ek het hom doodgemaak, want ek het geweet hy sal nie lank lewe nie omdat hy in sy spies geval het. Ek het die kroon op sy kop en die armband aan sy arm geneem en ek het dit hiernatoe gebring vir Meneer.”

11. Dawid en al die manne by hom het hulle klere gegryp en hulle het dit geskeur.

12. Hulle het tot die aand gerou en gehuil en gevas oor Saul en sy seun Jonatan, oor die manne van die Here en oor die volk Israel, want hulle het in die oorlog gesterf.

13. Dawid het vir die jongman wat dit vir hom kom vertel het, gevra: “Van waar kom jy?”Hy het gesê: “Ek is die seun van ’n vreemdeling, ’n Amalekiet.”

14. Dawid sê toe: “Hoekom was jy nie bang om jou hand uit te steek om die gesalfde van die Here dood te maak nie?”

15. Dawid roep toe een van sy eie jongmanne en sê: “Kom, maak hom dood.”Die jongman het dit gedoen, en die Amalekiet het gesterf.

16. Dawid het vir hom gesê: “Dit is jou eie skuld dat jy moet sterf, want jy het self gesê jy het die gesalfde van die Here doodgemaak.”

17. Dawid het hierdie klaaglied gesing oor Saul en oor sy seun Jonatan.

18. Hy het gesê die mense van Juda moet die lied leer. Hy het dit “Die Booglied” genoem en hy het gesê hulle moet dit skryf in die Boek van Jasar.

Lees volledige hoofstuk 2 Samuel 1