Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 4:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Salomo het ’n altaar van brons laat maak. Die altaar was 20 el lank en 20 el breed en tien el hoog.

2. Hy het ook ’n waterbak laat maak. Die waterbak was rond en dit was tien el van die een kant tot by die ander kant. Dit was vyf el hoog en dit was 30 el rondom.

3. Onder teen die waterbak was daar beelde van beeste. Daar was tien beeste op elke el. Die beeste was in twee rye, en hulle het dit ook gemaak van brons, soos die waterbak.

4. Die waterbak het gestaan op die beelde van twaalf beeste. Drie beeste het noord gekyk, drie beeste het wes gekyk, drie beeste het suid gekyk en drie beeste het oos gekyk. Die beeste was onder die waterbak, en hulle boude was na die binnekant.

5. Die waterbak se rand was een sesde el dik, en die rand was soos die rand van ’n beker. Die rand het gelyk soos ’n lelieblom. Die waterbak het 3 000 bat water gehou.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 4