Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 3:1-5 Bybel vir Almal (ABA)

1. Salomo het begin om die tempel in Jerusalem te bou op Moria-berg. Die Here het daar aan sy pa verskyn. Salomo het die tempel laat bou op die plek wat Dawid gekoop het. Dit was die dorsvloer van die Jebusiet Ornan.

2. Hy het die tempel begin bou op die tweede dag van die tweede maand, in die vierde jaar nadat hy koning geword het.

3. Die fondamente van die tempel was 60 el lank en 20 el breed. Salomo het die ou maat gebruik toe hy dit gemeet het.

4. Die voorportaal by die voorkant van die tempel was 20 el lank, en die tempel was ook 20 el breed. Dit was 120 el hoog. Salomo het die binnekant van die mure van die voorportaal laat toemaak met dun goudplate.

5. Hy het die mure van die groot kamer laat toemaak met sipreshout en bo-oor die sipreshout het hy dun goudplate laat sit. Hy het ook palmbome en kettings teen die mure laat maak.

Lees volledige hoofstuk 2 Kronieke 3