Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 8:10-14 Bybel vir Almal (ABA)

10. Elisa het geantwoord: “Sê vir Ben-Hadad hy sal nie gesond word nie. Hy sal sterf, dit is seker. Die Here het dit vir my gewys.”

11. Elisa het lank na Gasael gekyk, Gasael het later nie geweet wat om te doen nie. Elisa het toe gehuil.

12. Gasael het gevra: “Hoekom huil jy, Meneer?”En Elisa het gesê: “Ek huil omdat ek weet watter slegte dinge jy aan die mense van Israel sal doen. Jy sal hulle stede verbrand, hulle jongmanne doodmaak, hulle babas stukkend slaan en hulle vroue oopsny wat babas verwag.”

13. Gasael het gesê: “Ek is nie belangrik nie, ek is soos ’n hond wat niks beteken nie. Ek sal nie daardie slegte dinge doen nie.”En toe sê Elisa: “Die Here het vir my gewys dat jy die koning van die Arameërs sal word.”

14. Gasael het weggegaan van Elisa en hy het by sy koning gekom. Toe die koning vir hom vra wat Elisa gesê het, het hy gesê: “Hy het vir my gesê dat jy gesond sal word, dit is seker.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 8