Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 3:9-13 Bybel vir Almal (ABA)

9. Die koning van Israel, die koning van Juda en die koning van Edom het toe deur die woestyn gegaan, maar ná sewe dae was daar nie meer water vir die manne en die diere wat by hulle was nie.

10. Die koning van Israel sê toe: “Ek dink die Here het ons drie geroep om ons vir die Moabiete te gee.”

11. Maar toe sê Josafat: “Is hier ’n profeet van die Here? Dan kan ons vir die Here vra wat sal gebeur.”Een van die koning van Israel se amptenare het geantwoord: “Ja, Elisa seun van Safat is hier. Hy is die man wat vir Elia bedien het.”

12. Josafat sê toe: “Ons kan vir Elisa vra wat die Here sê.”Die drie konings het toe na Elisa toe gegaan.

13. Maar Elisa het vir die koning van Israel gesê: “Hoekom kom jy na mý toe? Gaan na jou pa en jou ma se profete toe.”Die koning van Israel sê toe: “Nee, want ek dink die Here het ons drie konings geroep om ons vir die Moabiete te gee.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 3