Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 3:10-19 Bybel vir Almal (ABA)

10. Die koning van Israel sê toe: “Ek dink die Here het ons drie geroep om ons vir die Moabiete te gee.”

11. Maar toe sê Josafat: “Is hier ’n profeet van die Here? Dan kan ons vir die Here vra wat sal gebeur.”Een van die koning van Israel se amptenare het geantwoord: “Ja, Elisa seun van Safat is hier. Hy is die man wat vir Elia bedien het.”

12. Josafat sê toe: “Ons kan vir Elisa vra wat die Here sê.”Die drie konings het toe na Elisa toe gegaan.

13. Maar Elisa het vir die koning van Israel gesê: “Hoekom kom jy na mý toe? Gaan na jou pa en jou ma se profete toe.”Die koning van Israel sê toe: “Nee, want ek dink die Here het ons drie konings geroep om ons vir die Moabiete te gee.”

14. Elisa het gesê: “So seker soos die Here lewe, die Here wat oor alles regeer, die Here vir wie ek werk, ek sou nie na jou gekyk het nie, en ek sou jou nie gesien het nie. Maar ek respekteer vir Josafat koning van Juda, daarom sal ek doen wat jy vra.

15. Maar bring vir my iemand wat op ’n lier kan speel.”Hulle het iemand gebring, en terwyl die man op die lier gespeel het, het die Here met Elisa gepraat.

16. Elisa het toe gesê: “Die Here sê: Ek sal hierdie vallei vol water maak.

17. Ja, die Here sê: Daar sal nie wind of reën wees nie, maar hierdie vallei sal vol water word, en julle en julle diere sal water hê om te drink.

18. En dit is vir die Here maklik om dit te doen. Hy sal julle ook laat wen teen die Moabiete.

19. Julle sal al die stede wat sterk mure het, oorwin. Julle sal al die belangrike stede afbreek en die vrugtebome afkap en die fonteine toemaak, en die vrugbare grond vol klippe gooi.”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 3