Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 19:25-31 Bybel vir Almal (ABA)

25. Maar jy moet weet dat Eklank gelede besluit hetdat jy dit moet doen.Ek, die Here, het lank geledegesê dit moet so wees,en nou het Ek dit laat gebeur.Daarom kon jy stede verwoes,stede wat sterk mure het.Daardie stede is nou nethope klippe.

26. Die mense wat in die stedegewoon het,was nie sterk nie.Hulle het geskrik,hulle het nie geweetwat om te doen nie.Hulle was soos die plantein die veld,soos groen bossies,soos gras op die plat dakvan ’n huis.Die gras word droogen gaan doodvoordat dit goed kan groei.

27. Sanherib, Ek weet alleswat jy doen,wanneer jy sit of gaan of kom.Ek weet ook wat jy allesteen My gesê het.

28. Ek weet wat jyteen My gesê het,Ek het gehoor hoe hoogmoedigjy gepraat het teen My.Daarom sal Ek ’n vishoekdeur jou neus siten Ek sal ’n stangin jou mond sit.Ek sal jou lei soos ’n perd,terug op dieselfde padwat jy gekom het.

29. “En, Hiskia, Ek sal vir jou ’n teken gee: Hierdie jaar sal julle die koring eet wat self opkom, en volgende jaar sal julle die koring eet wat dan nog self opkom. Maar die jaar daarna sal julle saai en koring afsny, julle sal wingerde plant en druiwe eet.

30. Die mense van Juda wat oorgebly het en wat nog lewe, sal wees soos plante wat sterk wortels in die grond het en wat baie vrugte dra.

31. Ja, mense sal kom van Jerusalem, van Sionsberg af, mense wat oorgebly het en wat nog lewe. Dit sal gebeur, want die Here wat oor alles regeer, sal die mense van Juda nie alleen los nie.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 19