Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 19:12-20 Bybel vir Almal (ABA)

12. Het die ander volke se gode hulle gered toe my voorvaders hulle oorwin het? Nee. My voorvaders het al die mense van die stede Gosan en Haran oorwin, en ook die mense van die stad Resef en die mense van die land Eden wat in Telassar woon.

13. Waar is die koning van Hamat en die koning van Arpad en die konings van die stede Sefarwajim, Hena en Awwa? Hulle is nie meer daar nie.”

14. Hiskia het die briewe geneem wat die boodskappers gebring het, en hy het dit gelees. Toe het Hiskia na die tempel gegaan en hy het die briewe neergesit voor die Here.

15. Hiskia het tot die Here gebid en gesê: “Here, God van Israel, u troon is bokant die gerubs. U alleen is God van al die lande op die aarde. U het die hemel en die aarde gemaak.

16. U moet asseblief luister, U moet hoor, U moet kyk en sien en hoor wat Sanherib sê. Hy het boodskappe gestuur om sleg te praat oor U, die God wat lewe.

17. Here, die konings van Assirië het al die ander volke en hulle lande verwoes, dit is waar.

18. Hulle het die volke se gode in die vuur gegooi. Maar daardie gode was nie waarlik gode nie, mense het hulle gemaak van hout en klip. Daarom het die gode verdwyn.

19. En nou, Here, ons God, beskerm ons asseblief teen die koning van Assirië. Doen dit, sodat al die volke op die aarde kan weet dat U alleen Here is.”

20. Jesaja seun van Amos het vir Hiskia ’n boodskap gestuur. Jesaja het gesê: “Die Here, die God van Israel, sê Hy het gehoor wat jy gebid het oor Sanherib, die koning van Assirië.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 19