Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 16:14-20 Bybel vir Almal (ABA)

14. Hy het die brons-altaar wat altyd voor die tempel gestaan het, laat wegvat en hy het dit noord van die nuwe altaar laat sit.

15. Koning Agas het vir die priester Urija gesê: “Jy moet op die groot altaar die oggend-brandoffer en die aand-koringoffer aan die brand steek, en ook die brand-offers van die koning en sy koring-offer, en die brand-offers van al die mense van die land, en hulle koring-offers en hulle drank-offers. Jy moet die bloed van al die brand-offers en die bloed van al die ander offers teen die altaar spat. Ek sal die brons-altaar gebruik om vir die Here te vra wat sal gebeur.”

16. Die priester Urija het alles gedoen wat die koning vir hom gesê het.

17. Koning Agas het die plate van die kante van die waentjies laat afhaal en hy het dit weggeneem. Hy het die waterbak van die brons-beeste afgehaal en hy het dit op plat klippe laat neersit.

18. Hy het die pilaargang weggeneem wat hulle vir die Sabbatdag gebou het en ook die ingang waar die koning van buite ingegaan het na die tempel. Hy het gedoen wat die koning van Assirië wou hê.

19. Al die ander dinge wat Agas gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Juda.

20. Agas het gesterf, en sy mense het hom begrawe by sy voorvaders in die Dawidstad. Sy seun Hiskia het koning geword ná hom.

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 16