Ou Testament

Nuwe Testament

2 Konings 13:6-14 Bybel vir Almal (ABA)

6. Maar hulle het nog dieselfde sondes gedoen wat die familie van Jerobeam gedoen het en wat hulle die mense van Israel laat doen het. Die gewyde paal het ook nog in Samaria gestaan.

7. Joahas het nie genoeg manne gehad om oorlog te maak nie. Daar was net 50 manne wat op perde gery het en tien oorlogkarre en 10 000 ander soldate. Die koning van Aram het die manne van Israel doodgemaak, hy het hulle soos stof getrap.

8. Al die ander dinge wat Joahas gedoen het, ook die dapper dinge wat hy gedoen het, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel.

9. Joahas het gesterf en sy mense het hom begrawe in Samaria. Sy seun Joas het koning geword ná hom.

10. Joas seun van Joahas het in Samaria koning van Israel geword in die sewe-en-dertigste jaar nadat koning Joas van Juda begin regeer het. Joas seun van Joahas was 16 jaar lank koning in Samaria.

11. Hy het dinge gedoen waarvan die Here nie hou nie. Hy het aangehou om die sondes te doen wat Jerobeam seun van Nebat die mense van Israel laat doen het.

12. Al die ander dinge wat Joas gedoen het, ook die dapper dinge toe hy oorlog gemaak het teen koning Amasia van Juda, is geskryf in die dagboeke van die konings van Israel.

13. Joas het gesterf, en sy mense het hom begrawe in Samaria by die konings van Israel. Jerobeam het daarna koning geword in Joas se plek.

14. Elisa was baie siek. ’n Kort tyd voordat hy gesterf het, het koning Joas van Israel na hom toe gekom en by hom gehuil en gesê: “My vader, my vader, jy is Israel se oorlogkar en sy soldate op perde!”

Lees volledige hoofstuk 2 Konings 13