Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 9:22-27 Bybel vir Almal (ABA)

22. Samuel het Saul en sy slaaf saamgeneem en hy het hulle in die eetplek gebring. Daar was omtrent 30 gaste, en Samuel het vir Saul en sy slaaf laat sit op die belangrikste plekke.

23. Samuel het vir die kok gesê: “Bring die vleis wat ek gesê het jy moet apart hou.”

24. Die kok het die boud vleis gebring en hy het dit voor Samuel neergesit. Samuel het vir Saul gesê: “Kyk, ons het hierdie vleis apart gehou, ek sit dit voor jou neer. Jy moet dit eet, want ons het dit vir jou gebêre sodat jy dit vandag saam met die gaste kan eet.”Saul het toe daardie dag saam met Samuel geëet.

25. Daarna het hulle van die offer-plek afgegaan na die stad. Samuel het op sy huis se dak met Saul gepraat.

26. Hulle het die volgende dag vroeg opgestaan. Toe dit begin lig word, het Samuel vir Saul op die dak geroep en gesê: “Jy moet opstaan, ek wil jou laat gaan.”Saul het opgestaan, en hy en Samuel het uitgegaan buitetoe.

27. Hulle het geloop en toe hulle amper uit die stad was, het Samuel vir Saul gesê: “Sê vir die slaaf hy moet verder gaan. Maar jý moet nou hier bly staan sodat ek vir jou kan sê wat God gesê het.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 9