Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 8:13-22 Bybel vir Almal (ABA)

13. Hy sal julle dogters vat om vir hom salf te meng of om vir hom te bak en kos te kook.

14. Hy sal julle beste lande en wingerde en olyfboorde vat en hy sal dit vir sy amptenare gee.

15. Hy sal ’n tiende van julle koring en julle druiwe vat en hy sal dit vir sy offisiere en sy amptenare gee.

16. Hy sal julle beste slawe en slavinne en julle donkies vat en hy sal hulle gebruik om vir hom te werk.

17. Hy sal ’n tiende van julle skape en bokke vat, en julle self sal sy slawe wees.

18. Dan sal julle bid en vra dat die Here julle moet help teen die koning wat julle wou hê, maar die Here sal julle nie antwoord nie.”

19. Maar die volk wou nie luister na Samuel nie. Hulle het gesê: “Nee, ons wil ’n koning hê.

20. Ons wil wees soos al die ander volke. Ons koning moet oor ons regeer en hy moet ons lei wanneer ons oorlog maak.”

21. Samuel het geluister na wat die volk sê en hy het dit vir die Here gesê.

22. En die Here het vir Samuel gesê: “Jy moet doen wat hulle vra, jy moet vir hulle ’n koning kies en aanstel.”Samuel het toe vir die leiers van Israel gesê: “Julle moet teruggaan, elkeen na sy stad.”

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 8