Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 8:1-7 Bybel vir Almal (ABA)

1. Toe Samuel oud geword het, het hy sy seuns gekies en aangestel om regters te wees oor die Israeliete.

2. Die oudste seun se naam was Joël, en die tweede seun se naam was Abia. Hulle was regters in Berseba.

3. Maar Samuel se seuns het nie gedoen soos hy nie. Hulle het gedoen wat die beste was vir hulleself. Hulle het ook omkoopgeld geneem en nie reg ge-oordeel nie.

4. Die leiers van die Israeliete het toe bymekaargekom. Hulle het na Samuel toe gegaan in Rama

5. en vir hom gesê: “Kyk, jy is al oud, en jou seuns doen nie soos jy nie. Jy moet nou vir ons ’n koning kies en aanstel om oor ons te regeer, dit is so by al die ander volke.”

6. Samuel het gedink die leiers doen baie verkeerd toe hulle gevra het dat ’n koning oor hulle moet regeer. Samuel het tot die Here gebid,

7. en die Here het vir hom gesê: “Jy moet alles doen wat die volk wil hê, want dit is nie vir jóú wat hulle nie wil hê nie, dit is vir Mý wat hulle nie wil hê nie. Hulle wil nie hê dat Ek hulle Koning moet wees nie.

Lees volledige hoofstuk 1 Samuel 8